Ten spyte daarvan dat die rand se waarde die afgelope week verswak het, bly die dalende prys van Brent-ruolie steeds ‘n goeie aanduiding dat brandstof in Desember
dalk heelwat minder kan kos.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds, toon ‘n petrolprys-oorverhaling van ongeveer 1-rand-25-sent per liter.
Die groothandelprys van diesel kan, aan die hand van huidige data, met tot soveel as 2-rand per liter daal.
Hoewel die waarde van die rand as belangrike faktor dien, bly dit blykbaar die internasionale prys van olie, wat die grootste rol in brandstofprysvasstellings speel.