Minstens 47 mense is dood en 43 ander is beseer toe ‘n brand in die vroeë oggendure in ‘n gebou in die Johannesburgse middestad uitgebreek het.
Volgens news24 het Robert Mulaudzi, nooddienste-woordvoerder vir die stad Johannesburg, gesê die brand het ongeveer half twee vanoggend ontstaan.
Dit het ‘n vyfverdiepinggebou op die hoek van Albert- en Delversstraat totaal verwoes.
Die oorsaak van die brand is onbekend.