‘n Vrou eis meer as R28 miljoen van die LUR van gesondheid omdat haar babadogtertjie serebraal gestremd is

 ‘n Vrou eis meer as R28 miljoen van die LUR van gesondheid omdat haar babadogtertjie serebraal gestremd is

‘n Vrou van Trompsburg in die Vrystaat, Maryna Marinda Ismail, eis meer as R28 miljoen van die LUR van gesondheid omdat haar babadogtertjie serebraal gestremd is nadat personeel van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein na bewering die kind se geboorte or ‘n tydperk van drie dae vertaag het en nie betyds ‘n keisersnee uitgevoer het nie.

Ismail stel die eis namens haarself en haar dogtertjie in die hooggeregshof in.

Luidens die eis was die personeel nalatig en moes hulle besef het dat die baba vroeër met ‘n nood keisersnee in die lewe gebring moes word.

Netwerk24 berig volgens Ismail is sy ook nie voor en na die geboorte van die baba behoorlik bygestaan nie.

LeandreAdmin@