‘n Vrou het in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met kinderpornografie

‘n 32-jarige vrou van Bonteheuwel het vlugtig in die Bishop Lavis Landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte wat verband hou met kinderpornografie.

Dit volg haar in hegtenisname verlede maand, deur die plaaslike polisie, nadat hulle inligting oor haar bedrywighede van Amerikaanse owerhede ontvang het.

Die vrou het na bewering foto’s van haar vierjarige op die sogenaamde donkerweb verkoop.

Die saak is tot 17 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Die vrou bly intussen in aanhouding.

‘n Groep gemeenskapslede het vanoggend buite die hof betoog.

Luister na potgooie hieronder