‘n Vrou van Vaalwater in Limpopo is agter tralies nadat sy glo ʼn speelgoedwapen op ʼn minderjarige kind en dié se ma gerig het.
Maroela Media berig die 74-jarige vrou is sedert verlede week in aanhouding en sal vandeesweek in die Modimollelanddroshof verskyn.
Sy het verlede week in dieselfde hof op twee aanklagte van die rig ‘n vuurwapen verskyn.
Glo het die ma en seun haar honde geteister en sy het uit frustrasie die BB-wapen gebruik om hulle te dreig.
Intussen het Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder van AfriForum, by navraag van Maroela Media bevestig dat al gebruik ʼn beskuldigde ʼn speelgoedwapen, word die beweerde oortreding steeds as ernstig beskou.