‘n Vrou van Noordwes is in hegtenis geneem vir die beweerde besit van gesteelde goedere, wat moontlik aan ‘n plaasmoord by Swartruggens gekoppel kan word. Vier verdagtes het ‘n 60-jarige vrou op ‘n plaas in die distrik vermoor, terwyl sy alleen tuis was. Die oorledene se man is met sy aankoms deur die verdagtes aangerand.
Hulle het hom saamgevat, toe hulle die toneel in ‘n plaas-bakkie verlaat. Amanda Funani, woordvoerder vir die polisiediens, sê die man het ontsnap, deur uit die bewegende bakkie te spring. Die polisie het goedere, wat vermoedelik tydens die rooftog gebuit is, in die vrou se besit gevind, in ‘n informele woongebied by Swartruggens. Die soektog na die ander verdagtes duur voort.