Die vrou wat van brandstigting aangekla word nadat Kelly Smith se huis in Middelpos in puin gelê is, se borgtogaansoek is tot 12 Mei uitgestel.

Smith se huis is kort na sy, Jacquin Appolis en Steveno van Rhyn skuldig bevind is op aanklagte wat met Joshlin Smith se verdwying verband hou afgebrand.

Netwerk24 berig Monique Kekana is inhegtenis geneem na ‘n video van die voorval op sosiale media versprei is. In een van die video’s sê Kekana dat sy die sigaretaansteker verskaf het wat vir die brand gebruik is.

Smith, Appolis en van Rhyn se saak is tot 9 Mei vir reëlings en gesprekke oor vonnisoplegging uitgestel.

error: Inhoud is beskerm !!