ʼn Vrou het in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer mensehandel nadat sy haar tweejarige seun aan onbekende persone verkoop het.

Nuusflits berig die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die vrou is ook aangekla van sameswering om ‘n roof te pleeg en van regsverydeling weens ‘n vals verklaring wat sy aan die polisie gemaak het.

Sy het aanvanklik valslik beweer dat haar seun deur mans in ʼn voertuig ontvoer is.

LEES OOK: Die 6-jarige vermiste Joslin dalk vir moetie verkoop

Tydens die ondersoek is die onwaarhede blootgelê, en die vrou het later erken dat sy die misdaad gefabriseer het.

Sy is in hegtenis geneem en bly in aanhouding.

Mahanjana sê die polisie is steeds op soek na die kleuterseun.

Die saak is tot 29 November uitgestell.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×