Namibië se nuwe president is vir die eerste keer in die land se geskiedenis van die vroulike geslag. Nadat verskeie uitdagings die verkiesingsproses

vertraag het, het die Swapo-party die meerderheid stemme van byna 60% ingesamel om Netumbo Nandi-Ndaitwah op 3 Desember as Namibië se eerste vrouepresident te verwelkom.

Maroela Media berig dat Nandi-Ndaitwah sedert Februarie in die pos van adjunkpresident dien en daarop gemik is om werksgeleenthede te skep deur beleggings aan te moedig met behulp van ekonomiese diplomasie.

Terwyl byna 80% van die 1,5 miljoen geregistreerde kiesers wel gestem het, doen die Verkiesingskommissie van Namibië ’n beroep op alle burgers om die resultate met ’n gesindheid van eenheid, diversiteit, begrip en versoening te aanvaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×