ʼn Ma is in die Phuthaditjaba-landdroshof gevonnis tot twee jaar direkte tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, vir kinderverwaarlosing. Dit, soos sy die kinders meer as ‘n dag alleen tuis gelos het en in ‘n kroeg gekuier het.

Nuusflits berig die ma het op 7 Augustus 2024 twee minderjarige kinders, onderskeidelik een en vier jaar oud, alleen by die huis agtergelaat en na ʼn kroeg gegaan.

Luidens die polisie se konst. Maselela Langa het die klaer het ʼn anonieme oproep oor die kinders gemaak, waarna hy na die huis gegaan het en die kinders alleen aangetref het.

Die ma was glo reeds meer as ʼn dag by die kroeg.

Die polisie is ingelig en die ma is gevind en in hegtenis geneem.

Sy is skuldig bevind aan kinderverwaarlosing en die hof het haar gevonnis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×