‘n Ongeluk in die Vrystaat het veroorsaak dat verkeer op die N3-tolpad vertraag is.
Arrive Alive verduidelik een baan is teen Maandag laatoggend in elke rigting beskikbaar, maar motoriste word aangeraai om met aandag te bestuur terwyl herstel- en opruimingswerk steeds aan die gang is.
Verkeersopeenhopings en vertragings is te verwagte, veral in die omgewing van die Roadside/Reitz-afrit 107, waar ’n ander ongeluk vroeër plaas gevind het.
Daar is ook ‘n weerwaarskuwing uitgereik; dit reën tussen Warden en Frankfort, en die sigbaarheid is swak weens mis, veral op die Van Reenenspas.