‘n Munisipale amptenaar van die Matjabeng-munisipaliteit is onder die wat in hegtenis geneem is vir beweerde koperkabeldiefstal.

Die amptenaar en sy makker is deur polisie by ‘n padversperring naby Virginia, met meer as R11 500 se koperkabel in sy besit, in hegtenis geneem.

Manie Pretorius, VF plus-raadslid in die Goudveld, het aan Netwerk 24 sy skok en afgryse oor die voorval uitgespreek. Volgens Pretorius ken hy die man goed en het genoem dat hy ook in Ventersburg bly.

Pretorius het bygevoed dat die Goudveld gemeenskappe geteister word deur vlae koperkabeldiefstal en dat hyself ook saans patrollie ry in ‘n poging om dit te probeer bekamp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×