‘n 57-jarige Boer is tydens ’n plaasaanval op die plaas Môrelig, buite Parys oorlede.
Volgens Nuutsflits sê polisiewoordvoerder, Loraine Earle, het die egpaar na bewering geslaap toe twee mans in oorpakke hulle oorval het. Die aanvallers het die sleutels van die gesin se bakkie geëis. Hulle het glo die boer aangerand, selfs nadat hy gesê het die sleutels is op ‘n ander eiendom op die plaas gelos.
Terwyl een verdagte na die ander eiendom is om die sleutels te kry, is die boer se vrou met kabelbinders vasgemaak en ook aangerand. Die mans het met die gesteelde bakkie en die vrou se selfoon gevlug.
Die 61-jarige vrou is na ’n nabygeleë plaas om hulp te kry, waarna alle nooddiens- en wetstoepassingsagentskappe ingeroep is. Die bakkie is later verlate in Tumahole gevind. Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en moord.