Lede van die Valke het ‘n Vrystaatse Dobbel- en Drankowerheid-distriksbestuurder in Bethlehem in hegtenis geneem. Die verdagte staar beskuldigings van korrupsie in die gesig.
Hy is in hegtenis geneem nadat die Valke inligting ontvang het dat hy na bewering geld onder die tafel geëis het om dranklisensies te magtig.
Die lede het tweeduisend rand uit sy kantoor verhaal, wat hy glo deur omkopery bekom het. Volgens die Valke se woordvoerder, luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, sou die verdagte vandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn.