’n Vrystaatse egpaar het vroeër vandag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein verskyn op aanklag van bedrog en vervalsing.
Maroela Media berig die 39-jarige Dirk Lötter, eienaar van Dirk Lötter Transport, en sy vrou, die 40-jarige Chantel Lötter, is op borgtog van R20 000 elk vrygelaat.
Volgens adjudant-offisier Fikiswa Matoti, woordvoerder van die Valke, het die egpaar na bewering in Mei 2018 ’n ander vervoermaatskappy, Sebete Transport, geregistreer.
Die maatskappy is na bewering onder die naam van die klaer in die saak – wat by Dirk Lötter Transport gewerk het – as direkteur van die nuwe maatskappy geregistreer.
Nadat die klaer ontdek het dat hy as direkteur van die maatskappy geregistreer is, het hy sy werkgewer na bewering oor sy posisie en rol in die nuwe maatskappy uitgevra.
Die klaer is glo later ontslaan, omdat hy sy pos by Sebete Transport bevraagteken het.