Die omstandighede rondom ‘n voorval waar ‘n graad 10-leerder glo ‘n onderwyser met ‘n mes gesteek het, word tans ondersoek.

Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse departement van onderwys het die situasie glo Maandag geëskaleer toe die onderwyser, by die Vrystaatse Kgabareng Sekondêre Skool in Viljoenskroon, die leerling oor die skool se produres aangespreek het.

Dit ná hy glo laat by die skool opgedaag het. Klasse by al die Rammolutsi-township skole is vandag opgeskort, aangesien onderwysers die eerste verskying van dié leerder in die hof bywoon.

Volgens die onderwysdepartement se LUR, MJ Maboya, dien die voorval as ‘n herinnering aan die belangrikheid om onderliggende kwessies aan te spreek, asook om aanspreeklikheid te bevoerder en sodoende soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×