Die ANC-hoofsweep van die plaaslike munisipaliteit in Zastron in die Vrystaat, Pule Mahapane, is op aanklag van aanranding in hegtenis geneem.

Die beweerde voorval het glo tydens ‘n gemeenskapsvergadering plaasgevind, waar Mahapane daarvan beskuldig word dat hy ‘n inwoner aangeval het wat hom oor diensleweringskwessies ondervra het.

Mahapane het gister aan die Insider Cronicle gesê daar was geen gemeenskapvergadering en het die bewerings as “politieke sabotasie” bestempel.

Hy het die beskuldigings ten sterkste ontken en beweer dat hy die slagoffer van ‘n georkestreerde aanval is wat daarop gemik is om hom uit sy posisie te verwyder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×