‘n Graad 9-leerder van die Taiwe Sekondêre skool in Theunissen, is vroeër die week oorlede nadat sy deur weerlig getref is.

Volgens ‘n media verklaring van die Vrystaatse departement van onderwys het die leerder en haar graad 11-vriendin tydens ‘n donderstorm van die skool af huis toe gestap toe weerlig hulle getref het.

Die graad 11-leerder het ernstige beserings opgedoen en ontvang mediese sorg by die Virginia-hospitaal.

Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, MJ Maboya, het haar meegevoel aan die leerder familie betuig en wens die graad 11-leerling ‘n spoedige herstel toe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×