As ‘n ingryping om ernstige finansiële wanbestuur en diensleweringsmislukkings aan te spreek is die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit deur die Vrystaatse Provinsiale Regering onder administrasie geplaas.
Central News berig volgens die premier Maqueen Letsoha-Mathae se woordvoerder, Matshediso Setai, volg hierdie aankondiging na jare se bestuursmislukkings, wat inwoners in gebiede soos Welkom, Odendaalsrus en Virgina sonder basiese dienste gelaat het.
‘n Span bekwame amptenare is aangestel om toesig oor die herstelproses te hou, met bykomende ondersteuning van die Provinsiale Tesourie.
Hierdie span is getaak om maandelikse vorderingsverslae aan die Vrystaatse Uitvoerende Raad en die Munisipale Raad te verskaf.
Die Matjhabeng Gemeenskapstigting beskou die besluit as ‘n lang-verwagte stap in die regte rigting om die munisipaliteit te stabiliseer.