‘n 31-jarige onderwyser in die Oos-Vrystaat het kennis gekry om die skool se koshuis te verlaat nadat sy verhouding met ‘n 17-jarige tienermeisie op die lappe gekom het. Netwerk 24 berig die waarnemende skoolhoof van ‘n hoërskool het reeds die onderwyser kennis gegee om die koshuis te verlaat. Die meisie en die onderwyser is glo onlangs betrap toe hulle saam ‘n nag in sy woonstel was. Die meisie is glo oral gesoek omdat sy nie in haar kamer was nie. Die beheerraad het die onderwyser kennis gegee maar hy woon nog in die koshuis, het die skoolhoof gesê. Die onderwyser se prokureur en die beheerraad kommunikeer tans met mekaar. Intussen het dorpenaars gesê die verhouding het al begin toe die meisie 15-jaar oud was. Die skolewet verbied enige seksuele verhouding tussen ‘n leerling en ‘n onderwyser.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×