Die Vrystaatse oud-rekenmeester, Jessica Janse van Nieuwenhuys, wat die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) uit meer as R44 miljoen bedrieg het, is deur die hooggeregshof in Bloemfontein tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Netwerk24 berig haar vonnis volg nadat sy ingevolge ‘n pleit-en-vonnis-ooreenkoms skuld op 174 aanklagte van bedrog en 24 aanklagte van geldwassery beken het.

Alle aanklagte teen haar man Petrus, wat op 26 aanklagte van bedrog tereggestaan het, is laat vaar.

Volgens die Valke was die 36-jarige vrou verantwoordelik vir die boekhou van vier vragmaatskappy in Parys, en sy het bedrieglike beslastingopgawes namens die maatskappy ingedien.

Sy het ook bedrieglike opgawes namens haar man ingedien wat destyds in diens was van een van die maatskappy.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×