‘n Vrystaatse polisielid is tot 50 jaar gevonnis vir korrupsie en diefstal

‘n Speurder van Odendaalsrus is tot altesaam 50 jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie, diefstal en dwarsboming van die gereg.

Die gewese speurder, adjudant-offisier Frikkie de Bruin, het volgens Netwerk 24, op 20 Januarie ‘n man wat van roekelose en nalatige bestuur aangekla is, genader.

Volgens brigadier Montantsi Makhele, polisewoordvoerder, het De Bruin aangebied dat hy teen R5000 die polisiedossier sal laat verdwyn.

Nadat ‘n fluitjieblaser die voorval by die provinsiale teenkorrupsie-eenheid aangemeld het, het die polisie ‘n lokval vir De
Bruin gestel.

Sy huis is deursoek, en ‘n kwitansie het die polisie ook gelei na ‘n gesteelde polisie-skootrekenaar in ‘n pandjieswinkel.

Onmiddellike skorsing het gevolg, en De Bruin is Maandag gevonnis.

Luister na potgooie hieronder