Die Valke het vier verdagtes in verband met die moord op ‘n Vrystaatse polisielid in hegtenis geneem.

Netwerk24 berig Justice Sephooa, van Ficksburg se misdaadintelligensie-eenheid, is verlede maand voor sy huis doodgeskiet toe twee onbekende mans hom genader het.

Hy is die naweek in sy tuisdorp in ‘n amptelike polisebegrafnis ter ruste gelê.

Volgens ‘n woordvoerder van die Valke is die vier verdagtes tussen die ouderdom van 34 en 36 jaar oud. Die verdagtes is in Siltonfontein in die Noordwes, aangekeer en na Bethlehem oorgeplaas.

Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Ficksburg landdroshof op aanklag van moord verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×