Mandrax-tablette, met ‘n straatwaarde van ongeveer R400 000, is vroeër die week in die besit van ‘n 18-jarige beweerde dwelmhandelaar gevind.
Die Vrystaatse polisie, wat besig was met ‘n ontwrigtende operasie in Bohlokong, by Bethlehem, het op ‘n wenk van die gemeenskap gereageer en die tiener se huis ondersoek.
Daar is op die mandrax-tablette, tik, dagga, ‘n ongelisensieerde vuurwapen en verskeie rondtes ammunisie beslag gelê.
Die seun is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bethlehem-landdroshof verskyn.