Tydens vrouemaand het geregtigheid geskied vir ‘n 26-jarige Vrystaatse vrou toe haar verkragter tot 10 jaar gevannenisstraf gevonnis is.
Tydens die verhoor, in die Kroonstad landdroshof, is ontdek dat sy deur ‘n sekuriteitsbeampte na ‘n kamer gelei is nadat sy by ‘n psigiatriese saal die Boitumele-hospitaal opgeneem is. Owen Petrus, die verkragter, het reeds daar vir haar gewag. Volgens die vrou kon sy nie onthou wat alles gebeur het nadat hy haar verkrag het nie.
Sinah Mpakane het aan die media gesê dat die beskuldigde later by sy woonplek opgespoor is waar hy gearressteer is. Die saak is deur die Kroonstad se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) ondersoek, wat verseker het dat Petrus in die tronk bly waar hy hoort.