‘n 31-jarige verkragter is nog ‘n lewenslange tronkstraf in die Kroonstad-streekhof, in die Vrystaat, opgelê.

Volgens polisie woordvoerder, Mahlomola Kareli, is Jacob Mpinga, wat reeds 19 jaar tronkstraf vir die verkragting van ‘n 54-jarige vrou uitgedien het en wat tans lewenslange tronkstraf vir die verkragting van ‘n 26-jarige vrou uitdien, tot ‘n addisionele lewenslange tronkstraf vir die verkragting van ‘n 2-jarige gevonnis.

Dit volg ná die afhandeling van die verkragtingsaak teen hom. Mpinga is in 2021 deur lede van die gemeenskap in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig nadat hy die dogtertjie verkrag het en lede van die gemeenskap bloed op sy broek opgemerk het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×