‘n 46-jarige vrou van Bultfontein is vir regsverydeling en meineed in hegtenis geneem nadat sy valslik ‘n saak van ontvoering van haar twee-jarige seuntjie by die Thabong-polisiestasie aangemeld het.

Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie het ’n Facebook-vriendskap tot ’n reëling om ’n pasgebore baba by geboorte te ruil gelei.

Die ooreenkoms het ‘n dramatiese wending geneem toe die 24-jarige biologiese ma besluit om die kind – twee jaar later – terug te neem, waarna die Bultfontein-vrou Sondag valslik ‘n saak van ontvoering geopen het.

Volgens polisie-woordvoerder kaptein Loraine Earl is daar intussen ook vasgetel die biologiese ma, wat in Bloemfontein geboorte geskenk het, die kindjie met die Bultfontein-vrou se identiteitsdokument by Binnelandse Sake geregistreer het.

Gevolglik sal bykomende aanklagte van Bedrog en Mensehandel teen beide die biologiese ma en die Bultfontein-vrou aanhangig gemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×