‘n Vulkaan in die suidweste van Ysland het vir die tweede keer vanjaar uitgebars.
Volgens die land se openbare uitsaaier is dit die sesde vulkaanuitbarsting op die Reykjames-skiereiland sedert 2021. Die uitbarsting in Januarie het op die 14de begin en sowat twee dae geduur.
Die lawa het die buitewyke van die dorp Grindavik bereik en sy bykans 4 000 inwoners moes hulle huise ontruim. Die regering het in November begin om dyke te bou wat lawa kan wegvoer van huise en kritieke infrastruktuur.