’n Vulkaniese uitbarsting by Merapi in Indonesië, het die lewe van minstens 13 bergklimmers geëis, terwyl nog twaalf ander vermis word.
Owerhede sê daar was 75 mense in Wes-Sumatra, toe lawa eergister uit die krater begin oorkook het.
26 kon nie betyds uit die pad van die lawastroom kom nie. Slegs drie van hierdie groep het oorleef.
Soek-en-reddingspogings is gister opgeskort, nadat nóg lawa uit die dieptes van die aarde opgestoot het.