‘n Verdagte is deur die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek in hegtenis geneem in verband met ’n ou moord- en roofsaak.
Volgens ’n verklaring deur die Valke is die misdaad in Welkom in 2022 gepleeg.
Ses mense het glo slagoffers met vuurwapens gedreig, hulle vasgebind en optiese vesel ter waarde van R1,56 miljoen gesteel.
‘n Moord- en roofsaak is geregistreer en aan die Welkom Valke verwys.
Verdere ondersoeke het gelei tot die vyfde verdagte, wat in Tembisa, Gauteng, in hegtenis geneem is.
Hy word verwag om Woensdag sy eerste hofverskyning voor die Welkom landdroshof te maak.