’n Vrystaatse plaaswerker vrees vir sy veiligheid, nadat hy die naweek ‘n boervrou ten tyde van ‘n plaasaanval van haar aanvallers versteek het.

Volgens Netwerk24 het hy die 73-jarige Rita Jordaan van Heuningspruit ook bygestaan, terwyl hulp ontbied is.

Jordaan is in ‘n waskamer oorval. Haar een pols en verskeie ribbes is gebreek toe die aanvallers haar teen die grond gegooi het.

Sy is vasgebind, maar kon daarin slaag om haarself te bevry.

Hierna het sy na die buurplaas gehardloop waar die plaaswerker op haar afgekom het.

Jan van Niekerk, Vrystaatse leier van die VF Plus, het boere opnuut gemaan om uiters waaksaam te wees, aangesien daar volgens hom die afgelope weke ’n toename in plaasaanvalle in die Vrystaat was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×