’n Wettige kragmeting is op die kaarte met sommige politieke formasies en burgerlike organisasies wat dreig om die regering hof toe te neem as president Cyril Ramaphosa vanaand in sy staatsrede ’n nasionale ramptoestand by Eskom verklaar. Die organisasies, insluitend NUMSA, die UDM, SAFTU, BOSA en HAITU, het die media ingelig dat hulle ‘n ramptoestand sal verwerp. Hulle wil hê dat ander oplossings buite die nasionale ramptoestand ondersoek word.