Adriaan Vermaak moet Woensdag in die Winburgse landdroshof verskyn nadat hy na bewering in Winburg ‘n kat met ‘n mes doodgesteek het.

Netwerk24 berig die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Virginia sê dit is minstens die derde geval in twee maande waarop hulle afgekom het waar ‘n troeteldier met ‘n mes doodgemaak is.

Daar is ook twee gevalle in Odendaalsrus waar hulle op honde wat so doodgemaak is, afgekom het.

Polisiewoordvoerder kapt. Stephen Thakeng sê Vermaak is Saterdag in hegtenis geneem op ‘n aanklag van dieremishandeling.

Dit volg nadat Virginia se DBV ‘n voorval gerapporteer het waarin Vermaak vermoedelik ‘n mannetjieskat van ‘n inwoner wat in dieselfde straat as hy woon, buite sy eienaar se hek met ‘n knipmes doodgesteek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×