‘n Wolk hang oor 24 Mangaung-metropolisie-lede

 ‘n Wolk hang oor 24 Mangaung-metropolisie-lede

22 van die 93 verkeersbeamptes van die Mangaung-metro, wat deel moes vorm van die nuwe metropolisiediens, het misdaadrekords.

Volgens Netwerk 24 is hierdie inligting vervat in ‘n vorderingsverslag oor die stigting van die omstrede Bloemfonteinse metropolisiediens.

Die verslag moes voor die raadsvergadering verlede Vrydag dien, maar is onttrek.

Dirk Kotze, DA-raadslid, het aangedui, dat die DA in Mangaung daarom ‘n aansoek op grond van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, versoek dat meer inligting verskaf word oor die misdaadrekords.

Kotze het ook daarop gewys dat die regulasies van die munisipale polisiediens van 1999 bepaal dat niemand met ‘n misdaadrekord lid van die metropolisie mag word nie.

Die verslag dui ook aan dat sewe beamptes nie oor ‘n matrieksertifikaat beskik nie.

LeandreAdmin@