Die organisasie Corruption Watch, of CW, het sy jaarlikse korrupsie verslag vir 2023 bekendgemaak waartydens meer as twee-duisend gevalle ontvang is. Volgens Maroela Media het CW sedert sy ontstaan 12-jaar gelede meer as 47-duisend klagtes van beweerde korrupsie ontvang. Dit is ‘n gemiddeld van 11 verslae per dag van gewone landsburgers wat dapper genoeg is om korrupsie en magsmisbruik aan die kaak te stel.
Karam Singh, uitvoerende direkteur van CW, het gesê daar is ‘n toenemende behoefte om die land se demokrasie te bewaar. Hy het gesê die land kan nie verder bekostig om agteruit te boer nie. Die organisasie het dit benadruk dat korrupsie toeneem omdat straffeloosheid vir diegene wat betrokke is by korrupsie, voortduur.