Na 53 jaar is Italië weer die Europese sokker kampioen

Na 53 jaar is Italië weer die Europese sokker kampioen nadat die Azzurri gisteraand vir Engeland in bykomende tyd 3 – 2 met strafdoele geklop het.

Dit is Engelse sport se tweede groot eindstryd-nederlaag sedert die Rose in 2019 teen die Springbokke in die rugby wêreldbeker eindstryd in Japan vasgeval het.

Luke Shaw het wel aan Engeland ‘n droom-begin besorg met ‘n skitter doel na slegs twee minute maar Italië het geleidelik beheer oorgeneem met Leonardo Bonucci wat die gelykmaker in die 67ste minuut behaal het.

Dit was ook die eerste eindstryd wat met strafdoele beslis is sedert Tsjeggo-Slowakye in 1976 vir Wes-Duitsland geklop het.

Luister na potgooie hieronder