Na meer as twee Covid-jare is Radio Rosestad se Sport-ontbyt terug op die kalender en is plaaslike sportpresteerders vanoggend by hierdie spoggeleentheid vir hul prestasies vereer. Johan Gunter, Rosestad se projektebestuurder, het gesê Rosestad se sporttoekennings het ten doel om die sportsterre vir hul prestasies te vereer en ook om aan hulle erkenning te gee vir die bydrae wat hulle lewer om die kontrei se beeld uit te dra. Vanoggend se kategorie-wenners is Louzanne Coetzee vir atletiek in die afdeling vir mense met gestremdhede, terwyl Philip le Roux vir sy swemprestasies in die junior-kategorie vereer is. Yolandi Stander het met die louere vir atletiek in die senior-afdeling weggedraf en die spantoekenning is deur Kovsie-netbal opgeraap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×