Onwettige mynbou, sowel as die polisie en die regering se versuim om dit stop te sit, is gister in die landdroshof in Mbombela, as sommige van die redes vir die 2016-Lily-myn-ramp voorgehou.

Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda, is onder die puin vasgekeer, waar hulle liggame, sewe jaar ná die ramp, steeds begrawe bly.

Landdros Annemarie van der Merwe gesê die getuienis wat na die hof gebring is, het bo redelike twyfel bewys dat die drie werkers wel oorlede is.

Naasbestaandes van die slagoffers klou egter nog aan die hoop dat hul geliefdes die rampspoedige voorval oorleef het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×