Nagenoeg 19 miljoen Suid-Afrikaners is ter wille van oorlewing van staatsmaatskaplike toelaes afhanklik, wat belastingbetalers meer as 200 miljard rand per jaar uit die sak jaag.
‘n Gemiddeld van 8,5 miljoen van die land se burgers ontvang die sogenaamde Covid-toelaag van R350 per maand.
Hierdie syfers is vandeesweek ten tyde van ‘n Maatskaplike Ontwikkeling-portefeuljekomitee- vergadering bekendgemaak.
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, of Sassa, betaal maandeliks geld oor aan meer as 27 miljoen begunstigdes.