Suid-Afrika is op koers om malaria teen 2028 te illumineer, soos in die National Malaria Elimination-plan uiteengesit. Die departement van gesondheid sê, terwyl goeie vordering reeds gemaak is met ‘n afname van malaria-gevalle in provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, lê daar steeds baie werk voor.

Suid-Afrika sluit vandag deur spesiale bewusmakingsveldtogte, by die internasionale gemeenskap aan vir Wêreld-malariadag, wat jaarliks op 25 April val. Bykans 8 000 malariagevalle, wat tot minstens een-honderd-en-ses sterftes gelei het, is in 2023 in Suid-Afrika aangemeld. Wêreldwyd is ‘n geraamde 250 miljoen gevalle aangemeld, met ongeveer 6-honderd-duisend sterftes. Meeste van die gevalle kom in Afrika, suid van die Sahara voor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×