Nie minder nie as 309 000 hektaar het reeds gedurende vanjaar se sogenaamde “brandseisoen” in die Vrystaat tot as verbrand.
Nagenoeg 4600 afsonderlike brande het tussen 1 Mei en 10 September astronomiese skade in die provinsie tot gevolg.
Savage Breytenbach, hoof van die Mangaungse brandbeskermings-assosiasie, of Mafpa, het pas die jongste beskikbare syfers aan Rosestad-nuus bekend gemaak.
Hy het gesê hoewel die data, tot nou toe, min of meer met vorige jare se statistieke strook, wek dit kommer dat brande die afgelope tyd uiters vinnig op mekaar volg.
Meer as twee derdes van die totale grondoppervlak wat deur die brande verskroei is, het binne die 40 dae wat 10 September vooraf gaan gebeur.
Die enkele grootste brandvoorval het op 25 Augustus in die Brandfort-distrik plaasgevind, met meer as 25 000 hektaar wat in ligte laaie was.
‘n Waarskuwing vir uiters-hoë brandgevaar vir die hele Vrystaat is vir die naweek uitgereik.