Nagenoeg 700 000 mense het nog nie werkloosheidsversekering ontvang nie

Die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, sê ongeveer 700 000 mense het aangedui dat hulle nog nie hul werkloosheidsversekeringsfonds-betalings ontvang het nie.

Die fonds het reeds meer as R40-miljard uitbetaal, met die meeste betalings wat in Gauteng, die Wes- en Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gemaak is.

Nxesi sê daar is verskeie redes waarom mense nie betaal word nie.

Luister na potgooie hieronder