Nagenoeg 9 000 vuurwapens het die afgelope 11 jaar landwyd uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens, of SAPD, se store verdwyn.

Boonop is slegs vyf mense suksesvol hiervoor vervolg en skuldig bevind.

Maroela Media berig Bheki Cele, minister van polisie, het in antwoord op ‘n vraag van die DA gesê dat 889 van die verlore of gesteelde wapens private vuurwapens was, terwyl meer as 8 000 die polisie se eie vuurwapens was.

Hoewel daarin geslaag is om 5 385 van die polisie se vuurwapens terug te vind, het die minister nie gesê hoeveel, indien enige, van die private vuurwapens teruggevind is nie.

George Michalakis, die DA se woordvoerder vir veiligheid en justisie in die Nasionale Raad van Provinsies, het gesê dit beteken dat 33% van die polisie se eie vuurwapens beslis in misdadigers se hande is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×