Nagenoeg 90% van alle misdadigers wat uit Suid-Afrikaanse tronke vrygelaat word, maak hulle weer aan misdaad skuldig.
Luidens Netwerk24-beriggewing, is die persentasie misdadigers in die VSA, wat ná tronkstraf weer misdaad pleeg, ongeveer 67.
In China, waar gewoontemisdadigers in groot getalle ter dood veroordeel word, is die terugvalkoers tussen 6% en 8%.
Met sowat een uit elke tien vrygelate gevangenes wat wéér misdaad pleeg, het Suid-Afrika een van die hoogste terugvalsyfers ter wêreld.