Minstens 13 mense is dood toe ‘n brand in die middernagtelike ure in drie nagklubs in die suid-ooste van Spanje gewoed het.
Die brand het in die Fonda Milagros-nagklub in die stad Murcia uitgebreek, maar het vinnig na aangrensende klubs versprei.
CNN berig talle klubgangers word steeds vermis en die vrees bestaan dat die dodetal kan styg.
Die oorsaak vir die ontstaan van die brand is nie bekend nie.
Dit is nie die eerste keer dat ‘n nagklub-brand tientalle lewens in Spanje eis nie.
In 1990 is 43 mense dood toe ‘n nagklub in die noordooste van Zaragoza afgebrand het.
In nóg ‘n voorval in Spanje, is altesaam 81 mense in 1983 in ‘n nagklub in Madrid dood.