Die DA is bekommerd oor ’n pypleidingprojek van R320 miljoen om water van Bethlehem na Fouriesburg en Mashaeng te lei.
Aldus doktor Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, is daar baie goedkoper moontlikhede.
Netwerk24 berig Jankielsohn het gesê die projek word reeds jare lank beplan word, maar dat inwoners hier steeds nie skoon drinkwater het nie.
Fouriesburg en Mashaeng is slegs ’n paar kilometer van die Klein-Caledon- en Caledonrivier, waarvandaan hulle water kan kry – dit kan glo teen nagenoeg R10-miljoen gedoen word.