Vriende, familie en ondersteuners het by nagwake in Durban en Johannesburg bymekaargekom om te bid vir Pravin Gordhan, die voormalige minister van finansies, se herstel.
Hy is Dinsdag in ’n hospitaal opgeneem vir behandeling.
LEES MEER: Pravin Gordhan in hospitaal opgeneem
IOL berig die 75-jarige Gordhan is glo ernstig siek, maar sy toestand bly in dié stadium onbekend. In Durban het die Natalse Indiese Kongres ‘n waak by die 1860 Heritage Centre in die middestad gehou.
’n Nagwaak is ook by Flame of Democracy by Constitution Hill in Johannesburg gehou.
In ‘n kort verklaring wat vroeër vrygestel is, het sy familie bevestig dat Gordhan die “beste beskikbare mediese sorg” ontvang. Die gesin het privaatheid versoek, en opdaterings oor sy toestand sal verskaf word.
1 Comment
Comments are closed.