NAISA sê die meeste onafhanklike skole sal van vandag af vir die nuwe skooljaar open

Die Nasionale Alliansie van Onafhanklike Skole, NAISA, sê die meeste onafhanklike skole sal van vandag af vir die nuwe skooljaar open.

Volgens ‘n kennisgewing in die Staatskoerant word privaatskole toegelaat om van vandag af leerlinge te ontvang.

Volgens NAISA is sy skole gereed vir die akademiese jaar.

Die Alliansie sê ook dat Covid-19 verwante protokol in plek is.

Aanlyn-onderwys sal ook voortgaan omdat sommige ouers nie gemaklik daarmee is om hul kinders skool toe te stuur nie.

Die Departement van Basiese Onderwys het verlede maand aangekondig dat staatskole eers op 15 Februarie sal oopmaak.

Luister na potgooie hieronder