Naledi Pandor sê Suid-Afrikaners wat beplan om gedurende die vakansieseisoen oorsee te reis, kan weens die Coronavirus oorsee gestrand gelaat word

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê Suid-Afrikaners wat beplan om gedurende die vakansieseisoen oorsee te reis, kan weens die Coronavirus oorsee gestrand gelaat word.
Sy sê lande se reisregulasies kan wisselvallig wees.
Pandor het ‘n mediakonferensie toegespreek oor die departement se hoogtepunte vir vanjaar asook komende planne vir aanstaande jaar.
Pandor het voornemende reisigers gemaan om sekere voorsorgmaatreëls te tref soos om by Suid-Afrika se ambassade in dié betrokke land te registreer en hul reisprogram aan hul families of naasbestaandes te gee.

Luister na potgooie hieronder