Name bekend van voormalige hoofde van die Vrystaatse Departement van Landbou wat vandag in die Landdroshof verskyn het

Soos vroeër berig deur Rosestad Nuus, het drie voormalige hoofde van die Vrystaatse Departement van Landbou vandag in die Landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Hulle is Peter Thabethe en Dimakatso Moorosi, sowel as die voormalige finansiële hoof van die departement, Seipati Dlamini.

Hulle word aangekla in verband met die Estina-suiwelplaasprojek by Vrede in die Vrystaat. Luidens berigte het die senior staatsaanklaer aan die hof gesê dat Thabethe, Moorosi en Dlamini aangekla word van die oortreding van die wet op die bestuur van staatsfinansies.

Die sakeman Iqbal Sharma, wat met die Gupta-familie verbind word, het saam met hulle in die hof verskyn.

Hy staan tereg op aanklagte van geldwassery en bedrog.

Luister na potgooie hieronder